Gesonde Grenslyne

Volgende Kursus begin

19 Augustus 2021

Gesonde verhoudings en goeie welstand is afhanklik van die handhawing van effektiewe persoonlike grense, maar baie mense weet nie waar om te begin nie. Hoe sê ek “JA”? Hoe sê ek “NEE”? In hierdie kursus sal jy leer hoe om volluit te lewe en hoe om meer vrylik waarheid en liefde te wys. Dit sal die kwaliteit van jou verhoudings merkwaardig verbeter in elke aspek van jou lewe. Jou huwelik, familie, vriendskappe, kerkverhoudings en werkverhoudings sal hierby baatvind. Wanneer ons vandag se samelewing ontleed, vind ons geweldige emosionele pyn as gevolg van omstandighede. Die gevolg is dat emosionele pyn ‘n drang ontketen wat soms begin domineer, manipuleer of net oorgee om vertrap te word. Neem verantwoordelikheid vir jou eie lewe.

Onderwerpe wat behandel word.

• Hoe lyk grenslyne?
• Hoe vestig ek grense?
• 10 Grenslynwette.
• 8 Onwaarhede oor grenslyne.
• Grenslyne en konflik.
• Familie en grense.
• Kinders en grense.
• Vriende en werksomstandighede en grense.
• Grenslyne in jou huwelik.
• Weerstand teen grenslyne.
• Die gevolge wat my optrede het.
• Skep ‘n kultuur van gesag in jou eie lewe.
• Grense motiveer mense om te groei.
• Ly ‘n vervulde lewe sonder skuldgevoelens.
• Sê “nee” sodat jy “ja” kan sê.
• Die vrees van verwerping.

Wie moet Gesonde Grenslyne bywoon?

Hierdie kursus is vir jou as jy al ooit enige van die volgende vrae gevra het?
Kan ek grenslyne span en nogsteeds ‘n liefdevolle mens wees?
Wat is wettige grenslyne?
Wat as ‘n persoon ontsteld word of seerkry as gevolg van my grenslyne?
Hoe antwoord ek iemand wat op my tyd, geld, energie en liefde aanspraak maak?
Hoekom voel ek skuldig of bang om grenslyne te stel?
Watter verband het grenslyne en onderdanigheid?
Is grenslyne nie selfsugtig nie?
Waarom is dit moeilik om van ander te hoor “nee”, wanneer hulle ‘n grens trek?
Is ek geneig om ander te wil beheer as hulle nie doen wat ek sê nie?

Registreer vir die Volgende Gesonde Grenslyne

19 Augustus – 14 Oktober 2021

Bank besonderhede

FTC, Standard Bank;
Brandwag
Takkode: 0555034
Tjek rek. no: 043 119 964
Ref: Naam van Kursus, van en voorletters