Father’s Embrace

Volgende Kursus begin

28 September – 3 Oktober 2021

Die boodskap van die Vader se liefde is sentraal in al ons verhoudings en het die krag om genesing en herstel te bring. Deur die jare het ons ontdek dat ons verhouding met ons aardse vaders die belangrikste verhouding is, maar dat ons aardse vaders nie perfek kan wees nie. Father’s Embrace help jou om jou identiteit, doel en bestemming te bepaal. Die doel van hierdie ervaring is om onvervulde verwagtinge, asook die gebrek van ‘n vaderfiguur of moederfiguur, te genees en te herstel. Kom met ‘n oop hart vir wat Vader God in jou lewe wil doen en ervaar wat dit is om deur jou Pappa liefgehê te word.

Onderwerpe wat behandel word.

• Openbaring van die Vader se liefde.
• As jy nie gemaklik met liefde is nie, is jy nie gemaklik met God nie.
• Jy maak Vader God gelukkig as Hy aan jou dink.
• Die verlore vaderfiguur.
• Die ouer-broer-sindroom.
• Genesing met vaderfiguur kwessies.
• Genesing met moederfiguur kwessies.
• Hoe om in die lig te loop.
• Hoe om te bly in die liefde.
• Die beeld wat jy het van die Vader gaan bepaal hoe jy ander behandel.
• Die Vader het my lief net soos ek is, nie soos ek veronderstel is om te wees nie.
• Tuis is waar jy die Vader se stem hoor.
• Al die avontuur van die wêreld kan nie vergelyk met die avontuur van liefde nie.
• Die grootste sonde is om die liefde van die Vader verkeerd voor te stel aan die mense rondom jou.
• Jy kan iemand vergewe, tog self nie genees of bevry wees nie.
• ‘n Vader is die een wat betekenis aan ‘n kind gee.
• Die genesing van die hart van ‘n kind.
• Gebedsverbintenis.
• Die pad vorentoe in al my verhoudings.

Wie moet Father’s Embrace bywoon?

Ons glo dat Father’s Embrace ‘n kursus is wat almal ten minste een keer in hulle lewens moet bywoon. Die kursus lei na persoonlike groei en ‘n sterker verhouding met Vader God en daardeur met almal rondom jou.

Erkenning

Hierdie kursus is oorspronklik ontwikkel deur Jack Frost van Shiloh Place Ministries en het al duisense mense reg oor die wêreld gehelp. Shiloh Place Ministries is gebasseer in North Myrtle Beach, Amerika. Vir meer inligting besoek die Shiloh Place Ministries webtuiste.

Aanbiedingsformaat

Langnaweke
(Eerste aand om 18h, vakansiedag, Saterdag en Sondagmiddag)
of

Weeksaande en naweek
(Dinsdag tot Vrydag om 18h, Saterdag en Sondagmiddag)

DVD in Engels; Fasilitering in Afr of Eng

Koste

Registrasiefooi: R150
Handleiding: R50
Totaal: R200 per persoon

Ontmoet Die hoof Fasiliteerder

Registreer vir die Volgende Father’s Embrace

28 September – 3 Oktober 2021

Bank besonderhede

FTC, Standard Bank;
Brandwag
Takkode: 0555034
Tjek rek. no: 043 119 964
Ref: FE, van en voorletters