Divorce Care

Volgende Kursus begin

6 September 2021

‘n Egskeiding is ‘n traumatiese ervaring, maar jy hoef nie alleen daardeur te gaan nie. Daar is baie mense rondom jou wat die pyn verstaan wat jou egskeiding veroorsaak het. Hierdie kursus bied ‘n reeks seminare en ondersteuningsgroepe wat gefasiliteer word deur mense wat weet waardeur jy gaan. Jy sal leer hoe om die pyn van die verlede te verwerk sodat jy weer kan uitsien daarna om jou lewe te herbou. Die interaktiewe kleingroepe bied ‘n veilige plek om jou persoonlike storie en uitdagings te deel met ander wat jou kan ondersteun en verstaan. Die seerkry van ‘n egskeiding het ‘n groot invloed op jou alledaagse lewe en die besluite wat jy maak. Divorce Care leer jou die praktiese stappe wat jy nodig het om onderdrukte en ongeïdentifiseerde seerkry te identifiseer en te verwerk, selfs al het jou egskeiding al lank terug gebeur.

Onderwerpe wat behandel word.

• Wat is besig om met my te gebeur?
• Die pad na genesing. Waar kry ek hulp?
• Kwaad gevoelens.
• Depressie.
• Eensaamheid.
• Wat sê die Bybel.
• Nuwe verhoudings.
• Finansiële oorlewing.
• Kinder versorging.
• Enkellopende seksualiteit.
• Vergifnis.
• Versoening.
• Groei nader aan God.
• En vele meer…

Wie moet Divorce Care bywoon?

Enige iemand wat tans deur ‘n egskeiding gaan of wat in die verlede deur ‘n egskeiding gegaan het en voel hulle het nodig om daaroor te praat.
Ons verstaan dat almal nie dadelik daarmee gemaklik is om oor hul egskeiding te praat nie; maar ons glo dat hierdie kursus steeds ‘n belangrike deel van jou herstel proses kan wees. Net deur te luister na wat ander ervaar kan dit jou ook bemoedig.
Jy kan enige tyd tydens die eerste 5 weke van die kursus inval by ons. Dit is nooit te laat om jou pad na genesing te begin nie.
Daar is hoop en genesing na egskeiding. Jy gaan nie altyd voel soos nou nie, dit sal beter word. Egskeiding is iets wat met jou gebeur het, dit is nie wie jy is nie.

Erkenning

Hierdie kursus is oorspronklik ontwikkel deur Steve Grissom in 1993 en het al duisense mense reg oor die wêreld gehelp en geondersteun. Die video segmente bevat inligting deur verskeie kundiges in die veld van egskeiding en genesing. Vir meer inligting besoek die DivorceCare webtuiste.

Aanbiedingsformaat

13 Weeklikse sessies

Maandag Aande om 18:00

DVD in Engels; Fasilitering in Afr of Eng
Elke week se sessie bevat ‘n 30min video wat almal saam kyk. Na die video is daar ‘n tyd vir kleingroepe waar elkeen kans sal kry om sy eie persoonlike ervarings te deel. Elke deelnemer het ook ‘n handleiding waarin daar vrae is om jou deur die week te lei om verder te groei.

Koste

Registrasiefooi: R150
Handleiding: R140
Totaal: R290 per persoon

Ontmoet Die hoof Fasiliteerder

Registreer vir die Volgende Divorce Care

6 September – 15 November 2021

Bank besonderhede

FTC, Standard Bank;
Brandwag
Takkode: 0555034
Tjek rek. no: 043 119 964
Ref: Naam van Kursus, van en voorletters